DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2022)

Woensdag, 30 November 2022

2 Korintiërs 13:11Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

Dinsdag, 29 November 2022

Kolossense 4:2VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.

Maandag, 28 November 2022

Psalm 150:6Laat alles wat asem het, die Here loof!
Halleluja!

Sondag, 27 November 2022

1 Johannes 4:8Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.

Saterdag, 26 November 2022

Jakobus 1:5En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Vrydag, 25 November 2022

Spreuke 15:16Liewer 'n bietjie in die vrees van die Here,
as 'n groot skat en onrus daarby.

Donderdag, 24 November 2022

Openbaring 5:13En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Woensdag, 23 November 2022

1 Korintiërs 16:14Laat alles by julle in liefde geskied.

Dinsdag, 22 November 2022

Kolossense 3:17En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Maandag, 21 November 2022

Psalm 24:1Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan,
die wêreld en die wat daarin woon.

Sondag, 20 November 2022

1 Johannes 4:9Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.

Saterdag, 19 November 2022

Johannes 16:33Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Vrydag, 18 November 2022

Jeremia 17:14Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word;
verlos my, dan sal ek verlos word;
want U is my lof.

Donderdag, 17 November 2022

Romeine 8:27En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Woensdag, 16 November 2022

1 Petrus 3:8EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik.

Dinsdag, 15 November 2022

Psalm 63:2O God, U is my God, U soek ek;
my siel dors na U,
my vlees smag na U,
in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.

Maandag, 14 November 2022

Matteus 5:17MOENIE dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Sondag, 13 November 2022

2 Korintiërs 5:19Naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

Saterdag, 12 November 2022

Jesaja 53:4Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem,
en óns smarte — dié het Hy gedra;
maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag,
deur God geslaan en verdruk was.

Vrydag, 11 November 2022

Romeine 1:17Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Donderdag, 10 November 2022

Matteus 3:2Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Woensdag, 09 November 2022

Psalm 32:5My sonde het ek U bekend gemaak,
en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.
Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely;
en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.

Dinsdag, 08 November 2022

Romeine 8:25Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

Maandag, 07 November 2022

2 Tessalonisense 3:5Mag die Here julle harte rig tot die liefde van God en die lydsaamheid van Christus!

Sondag, 06 November 2022

Miga 7:19Hy sal Hom weer oor ons ontferm,
ons ongeregtighede vertree;
ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.

Saterdag, 05 November 2022

Hebreërs 3:12Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

Vrydag, 04 November 2022

Eksodus 14:14Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

Donderdag, 03 November 2022

Psalm 112:5Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
wat sy sake volgens reg besorg.

Woensdag, 02 November 2022

Galasiërs 5:16MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.

Dinsdag, 01 November 2022

Deuteronomium 8:5Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.

Bybelvers van die dag

Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk