DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (April 2023)

Sondag, 30 April 2023

Matteus 5:6Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid,
want hulle sal versadig word.

Saterdag, 29 April 2023

Johannes 17:15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

Vrydag, 28 April 2023

1 Petrus 5:8Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Donderdag, 27 April 2023

Psalm 119:36Neig my hart tot u getuienisse
en nie tot winsbejag nie.

Woensdag, 26 April 2023

Lukas 6:36Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

Dinsdag, 25 April 2023

Romeine 8:37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Maandag, 24 April 2023

Spreuke 20:3Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly,
maar elke sot breek los.

Sondag, 23 April 2023

Lukas 10:27En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Saterdag, 22 April 2023

Deuteronomium 28:1AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

Vrydag, 21 April 2023

Psalm 119:9Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord.

Donderdag, 20 April 2023

1 Johannes 2:16Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Woensdag, 19 April 2023

Kolossense 1:13-14Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

Maandag, 17 April 2023

Efesiërs 6:13Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Sondag, 16 April 2023

2 Timoteus 3:12En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

Saterdag, 15 April 2023

Psalm 55:23Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

Vrydag, 14 April 2023

1 Petrus 1:8-9Vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Donderdag, 13 April 2023

Markus 10:27Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

Woensdag, 12 April 2023

Jesaja 41:13Want Ek, die Here jou God,
gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.

Dinsdag, 11 April 2023

1 Korintiërs 9:25En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.

Maandag, 10 April 2023

Openbaring 3:11Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

Sondag, 09 April 2023

1 Petrus 1:3GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.

Saterdag, 08 April 2023

Psalm 33:22Laat u goedertierenheid, Here,
oor ons wees net soos ons op U wag!

Vrydag, 07 April 2023

Lukas 23:34En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.

Donderdag, 06 April 2023

Psalm 5:4In die môre, Here, sal U my stem hoor;
in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

Woensdag, 05 April 2023

1 Timoteus 6:10Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Dinsdag, 04 April 2023

2 Petrus 3:18Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

Maandag, 03 April 2023

Deuteronomium 32:2Laat my leer drup soos die reën,
my woord vloei soos die dou,
soos reëndruppels op die grasspruitjies
en soos reënbuie op die plante.

Sondag, 02 April 2023

Johannes 11:25-26Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Saterdag, 01 April 2023

Romeine 8:28En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Bybelvers van die dag

Die sot verag die tug van sy vader,
maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk