DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2024)

Saterdag, 31 Augustus 2024

Handelinge 2:21En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Vrydag, 30 Augustus 2024

Jeremia 7:23Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

Donderdag, 29 Augustus 2024

Spreuke 4:23Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word,
want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Woensdag, 28 Augustus 2024

Lukas 5:32Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Dinsdag, 27 Augustus 2024

Esra 8:23So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.

Maandag, 26 Augustus 2024

Psalm 115:3Terwyl onse God tog in die hemel is;
Hy doen alles wat Hom behaag.

Sondag, 25 Augustus 2024

Johannes 4:24God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Saterdag, 24 Augustus 2024

2 Korintiërs 4:18Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Vrydag, 23 Augustus 2024

Spreuke 3:3-4Laat liefde en trou jou nie verlaat nie;
bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig
in die oë van God en die mense.

Donderdag, 22 Augustus 2024

1 Korintiërs 13:6-7Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Woensdag, 21 Augustus 2024

1 Korintiërs 13:2En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Dinsdag, 20 Augustus 2024

Psalm 30:6Want 'n oomblik is daar in sy toorn,
'n lewe in sy goedgunstigheid;
saans vernag die geween,
maar smôrens is daar gejuig.

Maandag, 19 Augustus 2024

Romeine 13:8WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.

Sondag, 18 Augustus 2024

Jakobus 1:12Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Saterdag, 17 Augustus 2024

Jesaja 44:22Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel
en jou sondes soos 'n wolk;
keer terug na My, want Ek het jou verlos.

Vrydag, 16 Augustus 2024

Hebreërs 3:14Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.

Donderdag, 15 Augustus 2024

Efesiërs 5:25-26Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.

Woensdag, 14 Augustus 2024

Psalm 86:5Want U, o Here, is goed en vergewensgesind
en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

Dinsdag, 13 Augustus 2024

Romeine 8:32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

Maandag, 12 Augustus 2024

Handelinge 10:43Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.

Sondag, 11 Augustus 2024

Spreuke 12:20Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk;
maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

Saterdag, 10 Augustus 2024

Galasiërs 6:7Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

Vrydag, 09 Augustus 2024

Markus 16:15En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Donderdag, 08 Augustus 2024

Psalm 103:12So ver as die ooste verwyderd is van die weste,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

Woensdag, 07 Augustus 2024

Johannes 10:9Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

Dinsdag, 06 Augustus 2024

1 Korintiërs 2:2Want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

Maandag, 05 Augustus 2024

Jesaja 1:16Was julle, reinig julle,
neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg,
hou op om kwaad te doen.

Sondag, 04 Augustus 2024

Jakobus 1:21Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Saterdag, 03 Augustus 2024

Filippense 2:5Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Vrydag, 02 Augustus 2024

Psalm 34:5Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord
en my uit al my vrees gered.

Donderdag, 01 Augustus 2024

Openbaring 3:19Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.

Bybelvers van die dag

Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En verlustig jou in die Here;
dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk