DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2024)

Maandag, 30 September 2024

Romeine 10:13Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Sondag, 29 September 2024

Galasiërs 3:22Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

Saterdag, 28 September 2024

Jesaja 55:11So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan:
dit sal nie leeg na My terugkeer nie,
maar doen wat My behaag
en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

Vrydag, 27 September 2024

Matteus 26:41Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Donderdag, 26 September 2024

2 Tessalonisense 1:3ONS moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.

Woensdag, 25 September 2024

Psalm 23:6Net goedheid en guns sal my volg
al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly
in lengte van dae.

Dinsdag, 24 September 2024

1 Petrus 2:2En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.

Maandag, 23 September 2024

Matteus 5:3Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Sondag, 22 September 2024

Spreuke 17:9Wie 'n oortreding bedek, soek liefde;
maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.

Saterdag, 21 September 2024

Titus 2:11-12WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Vrydag, 20 September 2024

Romeine 3:20Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

Donderdag, 19 September 2024

Psalm 34:15Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is;
soek die vrede en jaag dit na.

Woensdag, 18 September 2024

Johannes 20:21Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.

Dinsdag, 17 September 2024

Prediker 10:12Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam,
maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.

Maandag, 16 September 2024

Matteus 5:9Salig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.

Sondag, 15 September 2024

Esegiël 36:27En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Saterdag, 14 September 2024

Kolossense 1:18En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

Vrydag, 13 September 2024

Psalm 124:8Ons hulp is in die Naam van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Donderdag, 12 September 2024

Hebreërs 3:4Want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

Woensdag, 11 September 2024

Kolossense 4:5-6Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Dinsdag, 10 September 2024

Spreuke 18:21Dood en lewe is in die mag van die tong;
en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Maandag, 09 September 2024

Markus 14:36Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.

Sondag, 08 September 2024

2 Korintiërs 12:10Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Saterdag, 07 September 2024

Psalm 31:20O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!

Vrydag, 06 September 2024

Filemon 1:25Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.

Donderdag, 05 September 2024

Romeine 15:5En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.

Woensdag, 04 September 2024

Jesaja 12:4En julle sal in dié dag sê:
Dank die Here, roep sy Naam aan,
maak sy dade onder die volke bekend,
verkondig dat sy Naam hoog is!

Dinsdag, 03 September 2024

Markus 16:16Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Maandag, 02 September 2024

Galasiërs 3:26-27Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Sondag, 01 September 2024

Psalm 138:8Die Here sal dit vir my voleindig!
U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid:
laat nie vaar die werke van u hande nie!

Bybelvers van die dag

Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag;
hulle vaar op met vleuels soos die arende;
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle wandel en word nie mat nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk