DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

November 2025

Sondag, 30 November 2025

Spreuke 10:20Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer;
die hart van die goddelose is min werd.

Saterdag, 29 November 2025

Filippense 4:19En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.

Vrydag, 28 November 2025

Lukas 6:30Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

Donderdag, 27 November 2025

Psalm 112:5Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen,
wat sy sake volgens reg besorg.

Woensdag, 26 November 2025

Lukas 22:19Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

Dinsdag, 25 November 2025

Handelinge 3:26God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Maandag, 24 November 2025

Deuteronomium 32:2Laat my leer drup soos die reën,
my woord vloei soos die dou,
soos reëndruppels op die grasspruitjies
en soos reënbuie op die plante.

Sondag, 23 November 2025

1 Samuel 12:24Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.

Saterdag, 22 November 2025

Romeine 8:27En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Vrydag, 21 November 2025

Psalm 118:6Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen?

Donderdag, 20 November 2025

Deuteronomium 8:5Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig.

Woensdag, 19 November 2025

Filippense 3:10Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word.

Dinsdag, 18 November 2025

Matteus 5:10Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Maandag, 17 November 2025

1 Johannes 5:15En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

Sondag, 16 November 2025

1 Korintiërs 15:57Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Saterdag, 15 November 2025

Psalm 37:23Deur die Here word die gange van 'n man bevestig,
en Hy het 'n welbehae in sy weg.

Vrydag, 14 November 2025

Johannes 13:14As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.

Donderdag, 13 November 2025

2 Petrus 3:18Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

Woensdag, 12 November 2025

Jesaja 43:4Omdat jy kostelik is in my oë,
hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek
en volke vir jou lewe.

Dinsdag, 11 November 2025

1 Timoteus 6:10Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Maandag, 10 November 2025

Lukas 12:15En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

Sondag, 09 November 2025

Psalm 71:8My mond is vol van u lof,
die hele dag van u roem.

Saterdag, 08 November 2025

1 Korintiërs 13:1AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

Vrydag, 07 November 2025

Romeine 14:11Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

Donderdag, 06 November 2025

Spreuke 10:32Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is,
maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Woensdag, 05 November 2025

2 Petrus 1:21Want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Dinsdag, 04 November 2025

2 Timoteus 2:15Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Maandag, 03 November 2025

Psalm 118:24Dit is die dag wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.

Sondag, 02 November 2025

Romeine 8:37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Saterdag, 01 November 2025

Prediker 11:10En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.

Bybelvers van die dag

Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Willekeurig Bybelvers

Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk