DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2013)

Donderdag, 31 Oktober 2013

Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

Woensdag, 30 Oktober 2013

Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.

Dinsdag, 29 Oktober 2013

'n Afgebreekte stad sonder muur,
so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.

Maandag, 28 Oktober 2013

Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.

Sondag, 27 Oktober 2013

Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
'n Ewige God is die Here,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

Saterdag, 26 Oktober 2013

En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.

Vrydag, 25 Oktober 2013

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit
dat broers ook saamwoon!

Donderdag, 24 Oktober 2013

En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Woensdag, 23 Oktober 2013

Leer ons om ons dae so te tel
dat ons 'n wyse hart mag bekom!

Dinsdag, 22 Oktober 2013

Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Maandag, 21 Oktober 2013

Die trotsheid van 'n mens verneder hom,
maar die nederige van gees sal eer verkry.

Sondag, 20 Oktober 2013

DIE Gees van die Here Here is op My,
omdat die Here My gesalf het
om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges;
Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart,
om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep
en vir die geboeides opening van die gevangenis.

Saterdag, 19 Oktober 2013

Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

Vrydag, 18 Oktober 2013

Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

Donderdag, 17 Oktober 2013

Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

Woensdag, 16 Oktober 2013

En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Dinsdag, 15 Oktober 2013

Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word.

Maandag, 14 Oktober 2013

Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Sondag, 13 Oktober 2013

En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Saterdag, 12 Oktober 2013

Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Vrydag, 11 Oktober 2013

En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.

Donderdag, 10 Oktober 2013

Ek het tot die Here gesê: U is my Here;
vir my is daar geen goed bo U nie.

Woensdag, 09 Oktober 2013

Hy wat haat verberg, het valse lippe;
en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

Dinsdag, 08 Oktober 2013

Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.

Maandag, 07 Oktober 2013

Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Sondag, 06 Oktober 2013

Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.

Vrydag, 04 Oktober 2013

Maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.

Donderdag, 03 Oktober 2013

En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Woensdag, 02 Oktober 2013

Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Dinsdag, 01 Oktober 2013

Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Bybelvers van die dag

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk