DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2016)

Sondag, 31 Januarie 2016

Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.

Saterdag, 30 Januarie 2016

Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
maar geregtigheid red van die dood.

Vrydag, 29 Januarie 2016

Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.

Donderdag, 28 Januarie 2016

En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Woensdag, 27 Januarie 2016

Psalm 71:23My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer,
en my siel, wat U verlos het.

Dinsdag, 26 Januarie 2016

Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Maandag, 25 Januarie 2016

Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

Sondag, 24 Januarie 2016

Spreuke 3:27Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
as dit in jou mag is om dit te doen nie.

Saterdag, 23 Januarie 2016

Efesiërs 5:1WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders.

Vrydag, 22 Januarie 2016

1 Petrus 4:1OMDAT Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.

Donderdag, 21 Januarie 2016

O Here, hoor my gebed;
luister tog na my smekinge;
verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

Woensdag, 20 Januarie 2016

Romeine 15:32Sodat ek met blydskap deur die wil van God by julle kan kom en my saam met julle kan verkwik.

Dinsdag, 19 Januarie 2016

Johannes 11:40Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?

Maandag, 18 Januarie 2016

Amos 9:6Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou
en sy hemelgewelf bo die aarde vestig,
wat die waters van die see roep
en dit uitgiet oor die aardbodem,
Here is sy Naam!

Sondag, 17 Januarie 2016

Genesis 2:3En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Saterdag, 16 Januarie 2016

2 Korintiërs 9:10En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem.

Vrydag, 15 Januarie 2016

Psalm 46:11Laat staan en weet dat Ek God is;
Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.

Donderdag, 14 Januarie 2016

Lukas 6:30Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

Woensdag, 13 Januarie 2016

En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Dinsdag, 12 Januarie 2016

Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

Maandag, 11 Januarie 2016

En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

Sondag, 10 Januarie 2016

Romeine 10:13Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Saterdag, 09 Januarie 2016

Prediker 11:5Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

Vrydag, 08 Januarie 2016

Johannes 6:27Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.

Donderdag, 07 Januarie 2016

Matteus 5:8Salig is die wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.

Woensdag, 06 Januarie 2016

Spreuke 11:25Die siel wat seën, word versadig;
en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Dinsdag, 05 Januarie 2016

Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

Maandag, 04 Januarie 2016

Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Sondag, 03 Januarie 2016

Psalm 145:17Die Here is regverdig in al sy weë
en goedgunstig in al sy werke.

Saterdag, 02 Januarie 2016

Johannes 13:34'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.

Vrydag, 01 Januarie 2016

Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Bybelvers van die dag

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk