DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Maart 2018)

Saterdag, 31 Maart 2018

Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

Vrydag, 30 Maart 2018

Markus 14:36Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.

Donderdag, 29 Maart 2018

Psalm 32:8Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;
Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

Woensdag, 28 Maart 2018

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Dinsdag, 27 Maart 2018

Johannes 15:3Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

Maandag, 26 Maart 2018

En laat die lieflikheid van die Here onse God oor ons wees,
en bevestig die werk van ons hande oor ons,
ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

Sondag, 25 Maart 2018

Sagaria 9:9VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.

Saterdag, 24 Maart 2018

Levitikus 5:17En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die Here verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.

Vrydag, 23 Maart 2018

Spreuke 3:27Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom
as dit in jou mag is om dit te doen nie.

Donderdag, 22 Maart 2018

Jesaja 40:28Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie?
'n Ewige God is die Here,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

Woensdag, 21 Maart 2018

Handelinge 20:20Hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise.

Dinsdag, 20 Maart 2018

Spreuke 3:13Gelukkig die mens wat wysheid gevind het,
en die mens wat verstand verkry.

Maandag, 19 Maart 2018

Is dít nie die vas wat Ek verkies nie:
dat julle losmaak die bande van goddeloosheid,
dat julle afhaal die stroppe van die juk
en vry laat weggaan die verdruktes
en elke juk stukkend breek?

Sondag, 18 Maart 2018

Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Saterdag, 17 Maart 2018

Laat jou oë reguit kyk
en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

Vrydag, 16 Maart 2018

Hebreërs 10:23Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou.

Donderdag, 15 Maart 2018

1 Timoteus 6:9Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.

Woensdag, 14 Maart 2018

Spreuke 24:14Erken dat die wysheid só is vir jou siel;
as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms,
en jou hoop sal nie verydel word nie.

Dinsdag, 13 Maart 2018

Romeine 12:1EK vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens.

Maandag, 12 Maart 2018

En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Sondag, 11 Maart 2018

Moenie sê nie: Hoe kom dit dat die vorige dae beter was as die teenswoordige? want nie uit wysheid vra jy hierna nie.

Saterdag, 10 Maart 2018

En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

Vrydag, 09 Maart 2018

Johannes 1:1IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Donderdag, 08 Maart 2018

Psalm 130:5Ek wag op die Here;
my siel wag, en ek hoop op sy woord.

Woensdag, 07 Maart 2018

Esra 8:23So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.

Dinsdag, 06 Maart 2018

Johannes 7:16Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.

Maandag, 05 Maart 2018

Spreuke 4:24Verwyder van jou die valsheid van mond,
en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

Sondag, 04 Maart 2018

Matteus 24:44Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.

Saterdag, 03 Maart 2018

Romeine 12:16Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.

Vrydag, 02 Maart 2018

Psalm 25:4Here, maak my u weë bekend;
leer my u paaie.

Donderdag, 01 Maart 2018

1 Johannes 4:15Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom, en hy in God.

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk