DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Mei 2018)

Donderdag, 31 Mei 2018

Psalm 32:1Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe,
wie se sonde bedek is.

Woensdag, 30 Mei 2018

Hebreërs 13:4Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.

Dinsdag, 29 Mei 2018

2 Korintiërs 9:7Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Maandag, 28 Mei 2018

Psalm 42:9Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied,
en in die nag sal sy lied by my wees,
'n gebed tot die God van my lewe.

Sondag, 27 Mei 2018

1 Johannes 2:17En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Saterdag, 26 Mei 2018

Romeine 8:27En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

Vrydag, 25 Mei 2018

Psalm 119:10Ek soek U met my hele hart;
laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

Donderdag, 24 Mei 2018

En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

Woensdag, 23 Mei 2018

Handelinge 2:42En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

Dinsdag, 22 Mei 2018

Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid;
'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.

Maandag, 21 Mei 2018

1 Johannes 4:13Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

Sondag, 20 Mei 2018

Handelinge 4:31En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Saterdag, 19 Mei 2018

Psalm 91:1-2HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.

Vrydag, 18 Mei 2018

Romeine 12:9LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.

Donderdag, 17 Mei 2018

Romeine 12:4-5Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Woensdag, 16 Mei 2018

Prediker 4:4Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.

Dinsdag, 15 Mei 2018

Johannes 11:25-26Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Maandag, 14 Mei 2018

Lukas 6:37En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Sondag, 13 Mei 2018

Wat buig jy jou neer, o my siel,
en wat is jy onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom nog loof —
die verlossing van my aangesig en my God!

Saterdag, 12 Mei 2018

1 Petrus 3:9Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Vrydag, 11 Mei 2018

Goed wat uit niks verkry is, word minder;
maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

Donderdag, 10 Mei 2018

EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

Woensdag, 09 Mei 2018

En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

Dinsdag, 08 Mei 2018

Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

Maandag, 07 Mei 2018

Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord
en my uit al my vrees gered.

Sondag, 06 Mei 2018

Matteus 9:13Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Saterdag, 05 Mei 2018

Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.

Vrydag, 04 Mei 2018

Psalm 147:3Hy genees die wat gebroke is van hart,
en Hy verbind hulle wonde.

Donderdag, 03 Mei 2018

Johannes 16:24Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Woensdag, 02 Mei 2018

Kolossense 4:2VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging.

Dinsdag, 01 Mei 2018

Prediker 4:9Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk