DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Februarie 2020)

Saterdag, 29 Februarie 2020

Die seën van die Here — dit maak ryk,
en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

Vrydag, 28 Februarie 2020

Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie.

Donderdag, 27 Februarie 2020

En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Woensdag, 26 Februarie 2020

Spreuke 19:14Huis en goed is 'n erfenis van die vaders,
maar 'n verstandige vrou is van die Here.

Dinsdag, 25 Februarie 2020

2 Kronieke 7:14En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Maandag, 24 Februarie 2020

Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

Sondag, 23 Februarie 2020

WELGELUKSALIG is die man
wat nie wandel in die raad van die goddelose
en nie staan op die weg van die sondaars
en nie sit in die kring van die spotters nie.

Saterdag, 22 Februarie 2020

Matteus 28:19-20Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Vrydag, 21 Februarie 2020

En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Donderdag, 20 Februarie 2020

Spreuke 14:23In enige moeitevolle arbeid is voordeel,
maar praatjies is net tot gebrek.

Woensdag, 19 Februarie 2020

Openbaring 22:21Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Dinsdag, 18 Februarie 2020

Matteus 18:15EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.

Sondag, 16 Februarie 2020

En hou die gebooie van die Here jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.

Saterdag, 15 Februarie 2020

1 Petrus 4:7En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

Vrydag, 14 Februarie 2020

Hooglied 8:6Dra my soos 'n seëlring op u hart,
soos 'n seëlring op u arm;
want liefde is sterk soos die dood,
die liefdes-ywer is hard soos die doderyk,
sy gloed is 'n gloed van vuur,
'n vlam van die Here.

Donderdag, 13 Februarie 2020

Handelinge 1:8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Woensdag, 12 Februarie 2020

Matteus 5:44Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.

Dinsdag, 11 Februarie 2020

Spreuke 23:4Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Maandag, 10 Februarie 2020

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Sondag, 09 Februarie 2020

Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

Saterdag, 08 Februarie 2020

Psalm 66:17Ek het Hom aangeroep met my mond,
en lofgesang was onder my tong.

Vrydag, 07 Februarie 2020

1 Petrus 3:14Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

Donderdag, 06 Februarie 2020

Lukas 1:37Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

Woensdag, 05 Februarie 2020

Spreuke 29:23Die trotsheid van 'n mens verneder hom,
maar die nederige van gees sal eer verkry.

Dinsdag, 04 Februarie 2020

Jesaja 30:18En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag
om julle genadig te wees,
en daarom sal Hy Hom verhef
om Hom oor julle te ontferm;
want die Here is 'n God van die gerig.
Welgeluksalig almal wat op Hom wag!

Maandag, 03 Februarie 2020

Efesiërs 5:25-26Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.

Sondag, 02 Februarie 2020

Want die woord van die Here is reg,
en al sy werk is met trou.

Saterdag, 01 Februarie 2020

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Bybelvers van die dag

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk