DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Julie 2020)

Vrydag, 31 Julie 2020

Prediker 4:9Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.

Donderdag, 30 Julie 2020

Romeine 8:19Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Woensdag, 29 Julie 2020

Markus 10:27Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

Dinsdag, 28 Julie 2020

Psalm 90:12Leer ons om ons dae so te tel
dat ons 'n wyse hart mag bekom!

Maandag, 27 Julie 2020

2 Korintiërs 9:7Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Sondag, 26 Julie 2020

1 Korintiërs 3:17As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

Saterdag, 25 Julie 2020

Spreuke 13:11Goed wat uit niks verkry is, word minder;
maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

Vrydag, 24 Julie 2020

Romeine 12:4-5Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

Donderdag, 23 Julie 2020

Kolossense 3:23-24En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.

Woensdag, 22 Julie 2020

Psalm 27:3Al word 'n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan 'n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek.

Dinsdag, 21 Julie 2020

Lukas 6:37En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Maandag, 20 Julie 2020

2 Timoteus 3:16-17Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Sondag, 19 Julie 2020

Prediker 11:10En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.

Saterdag, 18 Julie 2020

Romeine 12:9LAAT die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.

Vrydag, 17 Julie 2020

Johannes 11:25-26Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?

Donderdag, 16 Julie 2020

Psalm 91:1-2HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit,
sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting,
my God op wie ek vertrou.

Woensdag, 15 Julie 2020

Matteus 5:8Salig is die wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.

Dinsdag, 14 Julie 2020

1 Korintiërs 12:13Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Maandag, 13 Julie 2020

Psalm 40:12U, o Here, sal u barmhartighede van my nie terughou nie;
laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.

Sondag, 12 Julie 2020

Johannes 1:5En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Saterdag, 11 Julie 2020

1 Korintiërs 15:21Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens.

Vrydag, 10 Julie 2020

Spreuke 11:4Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie,
maar geregtigheid red van die dood.

Donderdag, 09 Julie 2020

Romeine 5:19Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

Woensdag, 08 Julie 2020

Maleagi 4:2Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

Dinsdag, 07 Julie 2020

Psalm 34:2Ek wil die Here altyd loof;
sy lof sal altyddeur in my mond wees.

Maandag, 06 Julie 2020

Romeine 6:22Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Sondag, 05 Julie 2020

Miga 7:7Maar ek sal uitsien na die Here,
ek wil wag op die God van my heil,
my God sal my hoor.

Saterdag, 04 Julie 2020

Spreuke 20:3Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly,
maar elke sot breek los.

Vrydag, 03 Julie 2020

Jesaja 1:17Leer om goed te doen,
soek die reg, beteuel die verdrukker,
doen reg aan die wees,
verdedig die saak van die weduwee.

Donderdag, 02 Julie 2020

Filippense 2:11En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Woensdag, 01 Julie 2020

Psalm 145:17Die Here is regverdig in al sy weë
en goedgunstig in al sy werke.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;
Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk