DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (November 2017)

Donderdag, 30 November 2017

Want die Here gee wysheid,
uit sy mond kom kennis en verstand.

Woensdag, 29 November 2017

Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord.

Dinsdag, 28 November 2017

Matteus 7:24Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Maandag, 27 November 2017

Spreuke 4:10Hoor, my seun, en neem my woorde aan;
dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

Sondag, 26 November 2017

Lukas 1:37Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.

Saterdag, 25 November 2017

En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.

Vrydag, 24 November 2017

Spreuke 23:4Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.

Donderdag, 23 November 2017

Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

Woensdag, 22 November 2017

2 Korintiërs 1:5Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Dinsdag, 21 November 2017

Psalm 56:5Deur God sal ek sy woord prys;
ek vertrou op God, ek vrees nie;
wat kan vlees my doen?

Maandag, 20 November 2017

Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.

Sondag, 19 November 2017

Sagaria 1:4Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.

Saterdag, 18 November 2017

Spreuke 17:17Die vriend het altyd lief,
en die broer word gebore met die oog op die nood.

Vrydag, 17 November 2017

Handelinge 13:38-39Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

Donderdag, 16 November 2017

Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

Woensdag, 15 November 2017

Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Dinsdag, 14 November 2017

1 Samuel 2:7Die Here maak arm en maak ryk;
Hy verneder, ook verhoog Hy.

Maandag, 13 November 2017

Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.

Sondag, 12 November 2017

Psalm 68:7God laat die eensames woon in 'n huisgesin,
Hy lei die gevangenes uit in voorspoed;
maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.

Saterdag, 11 November 2017

Filippense 4:8Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Vrydag, 10 November 2017

Matteus 18:15EN as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin.

Donderdag, 09 November 2017

Psalm 34:9Smaak en sien dat die Here goed is;
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

Woensdag, 08 November 2017

Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

Dinsdag, 07 November 2017

1 Johannes 3:17Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

Maandag, 06 November 2017

Psalm 145:18Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom aanroep in waarheid.

Sondag, 05 November 2017

Esegiël 18:21Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

Saterdag, 04 November 2017

1 Tessalonisense 3:12En mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is.

Vrydag, 03 November 2017

Spreuke 13:8Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom,
maar die arme hoor geen dreigement nie.

Donderdag, 02 November 2017

Romeine 15:2Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Woensdag, 01 November 2017

Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

Bybelvers van die dag

Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou?
Deur dit te hou na u woord.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk