DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2020)

Maandag, 31 Augustus 2020

Job 1:12Daarop sê die Here aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here.

Sondag, 30 Augustus 2020

Spreuke 31:30Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid;
'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.

Saterdag, 29 Augustus 2020

Matteus 6:13En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid. Amen.

Vrydag, 28 Augustus 2020

Romeine 12:11Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here.

Donderdag, 27 Augustus 2020

Psalm 119:1WELGELUKSALIG is die opregtes van weg,
wat in die wet van die Here wandel.

Woensdag, 26 Augustus 2020

Matteus 6:7En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

Dinsdag, 25 Augustus 2020

1 Kronieke 16:34Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Maandag, 24 Augustus 2020

Spreuke 2:7En Hy bewaar hulp vir die opregtes,
Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel.

Sondag, 23 Augustus 2020

Jakobus 5:12Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie.

Saterdag, 22 Augustus 2020

Matteus 10:29-31Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Vrydag, 21 Augustus 2020

Psalm 3:4Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut,
my eer en die Een wat my hoof ophef.

Donderdag, 20 Augustus 2020

Filippense 3:14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Woensdag, 19 Augustus 2020

Deuteronomium 13:4Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

Dinsdag, 18 Augustus 2020

Psalm 13:6Maar ek — op u goedertierenheid vertrou ek;
my hart sal juig oor u heil.
Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het.

Maandag, 17 Augustus 2020

Johannes 16:24Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Sondag, 16 Augustus 2020

Romeine 16:20En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

Saterdag, 15 Augustus 2020

Spreuke 23:15My seun, as jou hart wys word,
dan sal my hart hom ook verheug.

Vrydag, 14 Augustus 2020

Efesiërs 4:29Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

Donderdag, 13 Augustus 2020

Johannes 14:6Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Woensdag, 12 Augustus 2020

Psalm 55:23Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

Dinsdag, 11 Augustus 2020

Lukas 12:15En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

Maandag, 10 Augustus 2020

Johannes 8:12EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Sondag, 09 Augustus 2020

Spreuke 4:5Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

Saterdag, 08 Augustus 2020

1 Petrus 3:9Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Vrydag, 07 Augustus 2020

Habakuk 3:17-18Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.

Donderdag, 06 Augustus 2020

Psalm 34:5Ek het die Here gesoek, en Hy het my geantwoord
en my uit al my vrees gered.

Woensdag, 05 Augustus 2020

Jakobus 1:22En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

Dinsdag, 04 Augustus 2020

1 Johannes 4:13Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

Maandag, 03 Augustus 2020

Psalm 32:8Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan;
Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

Sondag, 02 Augustus 2020

1 Johannes 2:17En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Saterdag, 01 Augustus 2020

Jesaja 58:6Is dít nie die vas wat Ek verkies nie:
dat julle losmaak die bande van goddeloosheid,
dat julle afhaal die stroppe van die juk
en vry laat weggaan die verdruktes
en elke juk stukkend breek?

Bybelvers van die dag

WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk