DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2022)

Donderdag, 30 Junie 2022

Spreuke 4:7Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid
en verwerf insig deur al wat jy besit.

Woensdag, 29 Junie 2022

Matteus 26:53Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?

Dinsdag, 28 Junie 2022

Romeine 8:6Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.

Maandag, 27 Junie 2022

Psalm 4:9Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak;
want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Sondag, 26 Junie 2022

1 Petrus 5:7Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

Saterdag, 25 Junie 2022

Matteus 3:8Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Vrydag, 24 Junie 2022

Spreuke 27:19Soos in die water aangesig teenoor aangesig is,
so is die hart van die mens teenoor die mens.

Donderdag, 23 Junie 2022

Handelinge 22:16En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

Woensdag, 22 Junie 2022

1 Timoteus 2:5Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.

Dinsdag, 21 Junie 2022

Psalm 16:11U sal my die pad van die lewe bekend maak;
versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Maandag, 20 Junie 2022

Efesiërs 4:15Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.

Sondag, 19 Junie 2022

Johannes 15:8Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

Saterdag, 18 Junie 2022

Jeremia 3:12bKeer terug, o afkerige, Israel, spreek die Here.
Ek sal julle nie donker aankyk nie,
want Ek is goedertieren, spreek die Here;
Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.

Vrydag, 17 Junie 2022

Johannes 14:13En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Donderdag, 16 Junie 2022

Efesiërs 4:3En ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

Woensdag, 15 Junie 2022

Psalm 5:13Want U seën die regverdige, o Here,
U omring hom met welbehae soos met 'n skild.

Dinsdag, 14 Junie 2022

Kolossense 3:9-10Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper.

Maandag, 13 Junie 2022

1 Korintiërs 2:9Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

Sondag, 12 Junie 2022

1 Samuel 2:2Niemand is heilig soos die Here nie;
ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie.

Saterdag, 11 Junie 2022

1 Johannes 2:2En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Vrydag, 10 Junie 2022

Matteus 7:24Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Donderdag, 09 Junie 2022

Psalm 143:10Leer my om u welbehae te doen,
want U is my God.
Laat u goeie Gees my lei
in 'n gelyk land.

Woensdag, 08 Junie 2022

Romeine 3:23-24Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Dinsdag, 07 Junie 2022

1 Tessalonisense 5:15Sorg dat niemand 'n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.

Maandag, 06 Junie 2022

Daniël 2:22Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge;
Hy weet wat in die duister is,
en die lig woon by Hom.

Sondag, 05 Junie 2022

Handelinge 4:31En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Saterdag, 04 Junie 2022

Johannes 14:26Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Vrydag, 03 Junie 2022

Psalm 31:4Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Donderdag, 02 Junie 2022

Deuteronomium 4:13Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.

Woensdag, 01 Junie 2022

Jakobus 3:17Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Bybelvers van die dag

Die lankmoedige is beter as 'n held;
en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk