DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2018)

Sondag, 30 September 2018

Hebreërs 10:24-25En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Saterdag, 29 September 2018

Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

Vrydag, 28 September 2018

O, Hoe groot is u goedheid
wat U weggelê het vir die wat U vrees,
wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!

Donderdag, 27 September 2018

En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

Woensdag, 26 September 2018

Handelinge 2:38En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Dinsdag, 25 September 2018

Laat jou werke aan die Here oor,
dan sal jou planne uitgevoer word.

Maandag, 24 September 2018

En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop.

Sondag, 23 September 2018

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

Saterdag, 22 September 2018

Spreuke 16:24Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek:
soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.

Vrydag, 21 September 2018

Job 5:17KYK, gelukkig is die man wat God kasty;
verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.

Donderdag, 20 September 2018

Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

Woensdag, 19 September 2018

Spreuke 27:10Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie,
en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie.
'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.

Dinsdag, 18 September 2018

Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom.

Maandag, 17 September 2018

Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

Sondag, 16 September 2018

Spreuke 15:23'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond,
en hoe goed is 'n woord op sy tyd!

Saterdag, 15 September 2018

1 Johannes 1:6As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

Vrydag, 14 September 2018

Jeremia 29:13En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

Donderdag, 13 September 2018

Psalm 73:26Al beswyk my vlees en my hart —
God is die rots van my hart
en my deel tot in ewigheid.

Woensdag, 12 September 2018

Handelinge 16:25En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister.

Dinsdag, 11 September 2018

Romeine 1:11-12Want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.

Maandag, 10 September 2018

Psalm 121:1-2Ek slaan my oë op na die berge:
waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.

Sondag, 09 September 2018

Efesiërs 5:1WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders.

Saterdag, 08 September 2018

Matteus 20:28Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Vrydag, 07 September 2018

Ek brei my hande tot U uit;
my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

Donderdag, 06 September 2018

Galasiërs 5:25As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Woensdag, 05 September 2018

Jakobus 3:13WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

Dinsdag, 04 September 2018

Spreuke 31:10Wie sal 'n deugsame vrou vind?
want haar waarde is ver bo korale.

Maandag, 03 September 2018

En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Sondag, 02 September 2018

Romeine 8:18WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

Saterdag, 01 September 2018

Psalm 121:3Hy kan jou voet nie laat wankel nie;
jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

Bybelvers van die dag

Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk