DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Desember 2019)

Dinsdag, 31 Desember 2019

Psalm 143:10Leer my om u welbehae te doen,
want U is my God.
Laat u goeie Gees my lei
in 'n gelyk land.

Maandag, 30 Desember 2019

1 Petrus 3:10-11Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

Sondag, 29 Desember 2019

Efesiërs 3:20-21En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Saterdag, 28 Desember 2019

O Here, God van die leërskare, herstel ons;
laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

Vrydag, 27 Desember 2019

Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Donderdag, 26 Desember 2019

Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.

Woensdag, 25 Desember 2019

Jesaja 9:5Want 'n Kind is vir ons gebore,
'n Seun is aan ons gegee;
en die heerskappy is op sy skouer,
en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman,
Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.

Dinsdag, 24 Desember 2019

Eer aan God in die hoogste hemele
en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!

Maandag, 23 Desember 2019

Lukas 2:4-5En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.

Sondag, 22 Desember 2019

Want U is my rots en my bergvesting;
en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Saterdag, 21 Desember 2019

Daarom is U groot, Here God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.

Vrydag, 20 Desember 2019

1 Johannes 2:23Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

Donderdag, 19 Desember 2019

Spreuke 20:25Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig!
om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

Woensdag, 18 Desember 2019

Efesiërs 4:2Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra.

Dinsdag, 17 Desember 2019

Filippense 1:21Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

Maandag, 16 Desember 2019

Smaak en sien dat die Here goed is;
welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

Sondag, 15 Desember 2019

Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek.

Saterdag, 14 Desember 2019

Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper.

Vrydag, 13 Desember 2019

Hou valsheid en leuentaal ver van my af;
gee my nie armoede of rykdom nie,
laat my geniet die brood wat vir my bestem is.

Donderdag, 12 Desember 2019

En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

Woensdag, 11 Desember 2019

Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees.

Dinsdag, 10 Desember 2019

Laat jou weg aan die Here oor
en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig
en jou reg soos die middag.

Maandag, 09 Desember 2019

Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.

Sondag, 08 Desember 2019

Hebreërs 4:12Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Saterdag, 07 Desember 2019

Die Here is naby almal wat Hom aanroep,
almal wat Hom aanroep in waarheid.

Vrydag, 06 Desember 2019

Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Donderdag, 05 Desember 2019

En mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is.

Woensdag, 04 Desember 2019

Spreuke 12:16Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word,
maar die skrandere verberg skande.

Dinsdag, 03 Desember 2019

1 Johannes 5:13Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

Maandag, 02 Desember 2019

Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

Sondag, 01 Desember 2019

Psalm 91:4Hy sal jou dek met sy vlerke,
en onder sy vleuels sal jy skuil;
sy trou is 'n skild en pantser.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want Ú het my niere gevorm,
my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk