DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2021)

Sondag, 31 Oktober 2021

Filippense 4:5Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Saterdag, 30 Oktober 2021

Psalm 94:19As my gedagtes binne-in my vermenigvuldig,
dan verkwik u vertroostinge my siel.

Vrydag, 29 Oktober 2021

Hebreërs 4:16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Donderdag, 28 Oktober 2021

Kolossense 3:14En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Woensdag, 27 Oktober 2021

Jesaja 41:10Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.

Dinsdag, 26 Oktober 2021

Matteus 7:1MOENIE oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Maandag, 25 Oktober 2021

Efesiërs 6:12Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Sondag, 24 Oktober 2021

Psalm 139:7-8Waar sou ek heengaan van u Gees
en waarheen vlug van u aangesig?
Klim ek op na die hemel, U is daar;
en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

Saterdag, 23 Oktober 2021

Handelinge 4:12En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

Vrydag, 22 Oktober 2021

Matteus 19:14Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Donderdag, 21 Oktober 2021

Spreuke 12:25Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer,
maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

Woensdag, 20 Oktober 2021

Matteus 4:19En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.

Dinsdag, 19 Oktober 2021

Deuteronomium 5:11Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

Maandag, 18 Oktober 2021

Psalm 103:13Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders,
so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

Sondag, 17 Oktober 2021

1 Johannes 4:12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.

Saterdag, 16 Oktober 2021

Romeine 12:10Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Vrydag, 15 Oktober 2021

Spreuke 10:9Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig,
maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.

Donderdag, 14 Oktober 2021

Matteus 6:3-4Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

Woensdag, 13 Oktober 2021

Johannes 12:26As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Dinsdag, 12 Oktober 2021

Psalm 24:10Wie is dan tog die Erekoning?
Die Here van die leërskare —
Hy is die Erekoning! Sela.

Maandag, 11 Oktober 2021

Joël 2:12Maar selfs nou nog, spreek die Here,
bekeer julle tot My met julle hele hart,
en met vas en geween en rouklag.

Sondag, 10 Oktober 2021

Matteus 4:17Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Saterdag, 09 Oktober 2021

Spreuke 21:3Om geregtigheid en reg te doen,
is vir die Here verkiesliker as offers.

Vrydag, 08 Oktober 2021

1 Korintiërs 10:23ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.

Donderdag, 07 Oktober 2021

Esegiël 18:32Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.

Woensdag, 06 Oktober 2021

Psalm 44:4Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie,
en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie,
maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig,
omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

Dinsdag, 05 Oktober 2021

2 Korintiërs 9:8En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Maandag, 04 Oktober 2021

Deuteronomium 5:33In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

Sondag, 03 Oktober 2021

Spreuke 31:9Maak jou mond oop, oordeel regverdig,
en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Vrydag, 01 Oktober 2021

1 Korintiërs 6:12ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

Bybelvers van die dag

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!
Here, hoor na my stem;
laat u ore luister na
die stem van my smekinge.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk