DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2022)

Vrydag, 30 September 2022

Johannes 10:10Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Donderdag, 29 September 2022

Prediker 3:11Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.

Woensdag, 28 September 2022

Psalm 1:1WELGELUKSALIG is die man
wat nie wandel in die raad van die goddelose
en nie staan op die weg van die sondaars
en nie sit in die kring van die spotters nie.

Maandag, 26 September 2022

2 Timoteus 4:2Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.

Sondag, 25 September 2022

Spreuke 12:1EEN wat die tug liefhet, het kennis lief;
maar wie die teregwysing haat, is dom.

Saterdag, 24 September 2022

Esegiël 18:30bBekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

Vrydag, 23 September 2022

Lukas 15:10So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

Donderdag, 22 September 2022

Psalm 119:45En in die ruimte wandel,
want ek soek u bevele.

Woensdag, 21 September 2022

Amos 5:4Want so sê die Here aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!

Dinsdag, 20 September 2022

Efesiërs 1:7In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.

Maandag, 19 September 2022

Spreuke 10:18Hy wat haat verberg, het valse lippe;
en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.

Sondag, 18 September 2022

Romeine 8:31WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?

Saterdag, 17 September 2022

1 Johannes 4:16En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

Vrydag, 16 September 2022

Psalm 51:12Skep vir my 'n rein hart, o God,
en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.

Donderdag, 15 September 2022

Openbaring 3:20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Woensdag, 14 September 2022

Romeine 11:36Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Dinsdag, 13 September 2022

Matteus 5:10Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Maandag, 12 September 2022

Filippense 4:11Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.

Sondag, 11 September 2022

Filippense 4:8Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Saterdag, 10 September 2022

Psalm 66:10Want U het ons getoets, o God,
U het ons gelouter soos 'n mens silwer louter.

Vrydag, 09 September 2022

Romeine 10:11Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Donderdag, 08 September 2022

Prediker 5:14Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.

Woensdag, 07 September 2022

Psalm 130:5Ek wag op die Here;
my siel wag, en ek hoop op sy woord.

Dinsdag, 06 September 2022

Lukas 6:30Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

Maandag, 05 September 2022

Romeine 5:5En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Sondag, 04 September 2022

Spreuke 10:1'n Wyse seun verbly die vader,
maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.

Saterdag, 03 September 2022

Deuteronomium 6:25En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die Here onse God soos Hy ons beveel het.

Vrydag, 02 September 2022

Matteus 6:15Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Donderdag, 01 September 2022

Psalm 25:4Here, maak my u weë bekend;
leer my u paaie.

Bybelvers van die dag

Help ons, o God van ons heil,
om die eer van u Naam,
en red ons en doen versoening oor ons sondes
ter wille van u Naam.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk