DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (September 2017)

Saterdag, 30 September 2017

2 Korintiërs 9:11Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.

Vrydag, 29 September 2017

Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie.

Donderdag, 28 September 2017

Spreuke 12:20Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk;
maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

Woensdag, 27 September 2017

En Jesus sê vir hom: Wat dit betref — as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Dinsdag, 26 September 2017

KYK wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.

Maandag, 25 September 2017

U sal my die pad van die lewe bekend maak;
versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Sondag, 24 September 2017

Matteus 5:15-16En 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Saterdag, 23 September 2017

Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

Vrydag, 22 September 2017

Niemand is heilig soos die Here nie;
ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie.

Woensdag, 20 September 2017

Efesiërs 5:2En wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.

Dinsdag, 19 September 2017

Spreuke 17:6Kindskinders is 'n kroon vir grysaards,
en vir die kinders is hulle vader 'n eer.

Maandag, 18 September 2017

Jakobus 1:12Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Sondag, 17 September 2017

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Saterdag, 16 September 2017

Spreuke 17:22'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Vrydag, 15 September 2017

En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.

Donderdag, 14 September 2017

Johannes 7:37En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

Woensdag, 13 September 2017

Psalm 18:36-37Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.

Dinsdag, 12 September 2017

1 Korintiërs 10:13Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Maandag, 11 September 2017

1 Timoteus 5:8Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.

Sondag, 10 September 2017

Spreuke 4:5Verkry wysheid, verkry insig;
vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

Saterdag, 09 September 2017

Jesaja 40:8Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

Vrydag, 08 September 2017

Markus 8:36Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Donderdag, 07 September 2017

Psalm 118:6Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen?

Woensdag, 06 September 2017

2 Korintiërs 12:10Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Dinsdag, 05 September 2017

Jesaja 55:7Laat die goddelose sy weg verlaat
en die kwaaddoener sy gedagtes;
en laat hy hom tot die Here bekeer,
dan sal Hy hom barmhartig wees;
en tot onse God,
want Hy vergeef menigvuldiglik.

Maandag, 04 September 2017

Die trotsheid van 'n mens verneder hom,
maar die nederige van gees sal eer verkry.

Sondag, 03 September 2017

As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Saterdag, 02 September 2017

Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.

Vrydag, 01 September 2017

Wag op die Here!
Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
Ja, wag op die Here!

Bybelvers van die dag

Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

U woord is 'n lamp vir my voet
en 'n lig vir my pad.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk