DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Augustus 2017)

Donderdag, 31 Augustus 2017

Lukas 4:18-19aDie Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur.

Woensdag, 30 Augustus 2017

VROUE, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

Dinsdag, 29 Augustus 2017

En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.

Maandag, 28 Augustus 2017

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Sondag, 27 Augustus 2017

1 Korintiërs 2:9Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

Saterdag, 26 Augustus 2017

Spreuke 19:14Huis en goed is 'n erfenis van die vaders,
maar 'n verstandige vrou is van die Here.

Vrydag, 25 Augustus 2017

Jesaja 55:8Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.

Donderdag, 24 Augustus 2017

Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.

Woensdag, 23 Augustus 2017

Prediker 7:14Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens ná sy dood niks meer sal ontdek nie.

Dinsdag, 22 Augustus 2017

Efesiërs 4:15Maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.

Maandag, 21 Augustus 2017

Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

Sondag, 20 Augustus 2017

Psalm 15:2-3Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen,
en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie,
sy vriend geen kwaad doen
en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Saterdag, 19 Augustus 2017

Hebreërs 3:4Want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

Vrydag, 18 Augustus 2017

Levitikus 20:26En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die Here, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

Donderdag, 17 Augustus 2017

Psalm 119:45En in die ruimte wandel,
want ek soek u bevele.

Woensdag, 16 Augustus 2017

Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Dinsdag, 15 Augustus 2017

1 Johannes 5:15En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

Maandag, 14 Augustus 2017

Die Here is my lig en my heil:
vir wie sou ek vrees?
Die Here is die toevlug van my lewe:
vir wie sou ek vervaard wees?

Sondag, 13 Augustus 2017

2 Korintiërs 8:12Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.

Saterdag, 12 Augustus 2017

1 Petrus 2:16As vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.

Vrydag, 11 Augustus 2017

Psalm 18:31Die weg van God is volmaak;
die woord van die Here is gelouter;
Hy is 'n skild vir almal
wat by Hom skuil.

Donderdag, 10 Augustus 2017

Filippense 2:5Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Woensdag, 09 Augustus 2017

Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Dinsdag, 08 Augustus 2017

Hy sal jou dek met sy vlerke,
en onder sy vleuels sal jy skuil;
sy trou is 'n skild en pantser.

Maandag, 07 Augustus 2017

En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Sondag, 06 Augustus 2017

Titus 2:11-12WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Saterdag, 05 Augustus 2017

Psalm 62:8By God is my heil en my eer;
die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Vrydag, 04 Augustus 2017

Johannes 14:27Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Donderdag, 03 Augustus 2017

Openbaring 7:16-17Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.

Woensdag, 02 Augustus 2017

Psalm 108:4Ek wil U loof onder die volke, o Here,
en psalmsing tot u eer, onder die nasies.

Dinsdag, 01 Augustus 2017

Filippense 4:13Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Bybelvers van die dag

En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk