DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2018)

Woensdag, 31 Januarie 2018

Spreuke 11:13Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar,
maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

Dinsdag, 30 Januarie 2018

Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word!

Maandag, 29 Januarie 2018

Jeremia 17:9-10Bedrieglik is die hart bo alle dinge,
ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Ek, die Here, deursoek die hart,
toets die niere,
om aan elkeen te gee na sy weë,
volgens die vrug van sy handelinge.

Sondag, 28 Januarie 2018

Psalm 112:6Want hy sal nooit wankel nie;
die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

Saterdag, 27 Januarie 2018

Romeine 13:7Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.

Vrydag, 26 Januarie 2018

Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering.

Donderdag, 25 Januarie 2018

Prediker 5:10As die goed baie word, word die eters baie; watter voordeel het die besitter dan daarvan, behalwe dat sy oë dit aanskou?

Woensdag, 24 Januarie 2018

Jakobus 3:18En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Dinsdag, 23 Januarie 2018

Matteus 7:13-14Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Maandag, 22 Januarie 2018

Spreuke 2:9Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan
en regverdigheid — elke goeie pad.

Sondag, 21 Januarie 2018

En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

Saterdag, 20 Januarie 2018

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Vrydag, 19 Januarie 2018

Spreuke 10:22Die seën van die Here — dit maak ryk,
en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.

Donderdag, 18 Januarie 2018

Lukas 14:28Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?

Woensdag, 17 Januarie 2018

Judas 1:20-21Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

Dinsdag, 16 Januarie 2018

Spreuke 10:1'n Wyse seun verbly die vader,
maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.

Maandag, 15 Januarie 2018

Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie;
en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê.
Dit is die erfdeel van die knegte van die Here
en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.

Sondag, 14 Januarie 2018

Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Vrydag, 12 Januarie 2018

Jeremia 32:27Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?

Donderdag, 11 Januarie 2018

Matteus 9:12Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.

Woensdag, 10 Januarie 2018

Spreuke 4:20-21My seun, luister na wat ek sê,
neig jou oor tot my woorde,
laat hulle nie wyk uit jou oë nie,
bewaar hulle binne-in jou hart.

Dinsdag, 09 Januarie 2018

Alhoewel die vyeboom nie sal bloei
en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie,
die drag van die olyfboom sal teleurstel
en die saailande geen voedsel oplewer nie,
die kleinvee uit die kraal verdwyn
en geen beeste in die stalle sal wees nie —
nogtans sal ek jubel in die Here,
ek sal juig in die God van my heil.

Maandag, 08 Januarie 2018

Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

Sondag, 07 Januarie 2018

WELGELUKSALIG is die man
wat nie wandel in die raad van die goddelose
en nie staan op die weg van die sondaars
en nie sit in die kring van die spotters nie.

Saterdag, 06 Januarie 2018

Markus 7:20-23En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Vrydag, 05 Januarie 2018

En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

Donderdag, 04 Januarie 2018

Prediker 1:18Want by baie wysheid is baie verdriet,
en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.

Woensdag, 03 Januarie 2018

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

Dinsdag, 02 Januarie 2018

Hebreërs 12:14Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Maandag, 01 Januarie 2018

Psalm 90:12Leer ons om ons dae so te tel
dat ons 'n wyse hart mag bekom!

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk