DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Januarie 2019)

Donderdag, 31 Januarie 2019

Salig is die wat treur,
want hulle sal vertroos word.

Woensdag, 30 Januarie 2019

Jakobus 1:6Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Dinsdag, 29 Januarie 2019

Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf,
maar deur kennis word die regverdiges gered.

Maandag, 28 Januarie 2019

Die Here is goed,
'n toevlug in die dag van benoudheid,
en Hy ken die wat by Hom skuil.

Sondag, 27 Januarie 2019

Markus 9:35En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

Saterdag, 26 Januarie 2019

Psalm 118:8Dit is beter om by die Here te skuil
as om op mense te vertrou.

Vrydag, 25 Januarie 2019

1 Samuel 16:7Maar die Here sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.

Donderdag, 24 Januarie 2019

1 Johannes 4:19Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Woensdag, 23 Januarie 2019

Spreuke 23:4-5Vermoei jou nie om ryk te word nie,
laat staan jou slimheid.
Sou jy jou oë daarop laat afvlieg?
Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke
en vlieg soos die arend na die hemel toe!

Dinsdag, 22 Januarie 2019

2 Petrus 1:5-7En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.

Maandag, 21 Januarie 2019

En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

Sondag, 20 Januarie 2019

Psalm 119:165Die wat u wet liefhet, het groot vrede,
en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

Saterdag, 19 Januarie 2019

1 Petrus 1:15-16Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

Vrydag, 18 Januarie 2019

Jesaja 25:1Here, U is my God!
U sal ek verhoog;
u Naam sal ek loof;
want U het wonders gedoen,
raadsbesluite uit ver tye,
waarheid en trou.

Donderdag, 17 Januarie 2019

Spreuke 18:24'n Man met baie vriende word geruïneer,
maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.

Woensdag, 16 Januarie 2019

1 Johannes 2:15Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

Dinsdag, 15 Januarie 2019

Johannes 12:26As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Maandag, 14 Januarie 2019

Ek wil die Here loof met my hele hart;
ek wil al u wonders vertel.

Sondag, 13 Januarie 2019

1 Korintiërs 10:24Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.

Saterdag, 12 Januarie 2019

1 Timoteus 1:17Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen.

Vrydag, 11 Januarie 2019

Spreuke 8:13Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is;
hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel
en 'n huigelagtige mond haat ek.

Donderdag, 10 Januarie 2019

2 Korintiërs 4:17Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid.

Woensdag, 09 Januarie 2019

Hebreërs 13:6Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?

Dinsdag, 08 Januarie 2019

Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige,
maar uit dié almal red die Here hom.

Maandag, 07 Januarie 2019

1 Korintiërs 13:4-5Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.

Sondag, 06 Januarie 2019

Deuteronomium 4:40En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die Here jou God jou vir altyd sal gee.

Saterdag, 05 Januarie 2019

Psalm 103:8Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en groot van goedertierenheid.

Vrydag, 04 Januarie 2019

1 Tessalonisense 5:16-18Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Donderdag, 03 Januarie 2019

Matteus 5:11Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

Woensdag, 02 Januarie 2019

'n SAGTE antwoord keer die grimmigheid af,
maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.

Dinsdag, 01 Januarie 2019

1 Tessalonisense 5:21-22Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad.

Bybelvers van die dag

Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk