DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Junie 2018)

Saterdag, 30 Junie 2018

Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel.

Vrydag, 29 Junie 2018

Romeine 8:28En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Donderdag, 28 Junie 2018

1 Kronieke 16:34Loof die Here, want Hy is goed,
want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

Woensdag, 27 Junie 2018

Spreuke 13:10Vermetelheid gee net getwis af;
maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.

Dinsdag, 26 Junie 2018

Hebreërs 12:11Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

Maandag, 25 Junie 2018

Filippense 4:4Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

Sondag, 24 Junie 2018

Psalm 62:2Ja, my siel is stil tot God;
van Hom is my heil.

Saterdag, 23 Junie 2018

Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here.

Vrydag, 22 Junie 2018

1 Korintiërs 2:10Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

Donderdag, 21 Junie 2018

Psalm 139:1-2Here, U deurgrond en ken my.
U ken my sit en my opstaan;
U verstaan van ver my gedagte.

Woensdag, 20 Junie 2018

Deuteronomium 13:4Julle moet die Here julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.

Dinsdag, 19 Junie 2018

EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!

Maandag, 18 Junie 2018

Prediker 3:1ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd.

Sondag, 17 Junie 2018

Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Saterdag, 16 Junie 2018

Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

Vrydag, 15 Junie 2018

Psalm 3:4Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut,
my eer en die Een wat my hoof ophef.

Donderdag, 14 Junie 2018

Efesiërs 4:29Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

Woensdag, 13 Junie 2018

Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

Dinsdag, 12 Junie 2018

Psalm 5:4In die môre, Here, sal U my stem hoor;
in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

Maandag, 11 Junie 2018

Matteus 6:2Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie 'n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

Sondag, 10 Junie 2018

2 Timoteus 2:1JY dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is.

Saterdag, 09 Junie 2018

Psalm 119:2Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar,
Hom van ganser harte soek.

Vrydag, 08 Junie 2018

Filippense 3:14Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Donderdag, 07 Junie 2018

3 Johannes 1:2Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan.

Woensdag, 06 Junie 2018

Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer
in my gebrul die hele dag.

Dinsdag, 05 Junie 2018

EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Maandag, 04 Junie 2018

En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

Sondag, 03 Junie 2018

Psalm 55:23Werp jou sorg op die Here,
en Hy sal jou onderhou;
Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

Saterdag, 02 Junie 2018

Joël 2:13En skeur julle hart en nie julle klere nie,
en bekeer julle tot die Here julle God;
want Hy is genadig en barmhartig,
lankmoedig en groot van goedertierenheid,
en Een wat berou het oor die onheil.

Vrydag, 01 Junie 2018

Markus 10:27Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.

Bybelvers van die dag

Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Laat my u goedertierenheid in die môre hoor,
want op U vertrou ek;
maak my bekend die pad wat ek moet gaan,
want ek hef my siel op tot U.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk