DailyVerses.netOnderwerpeWillekeurige versRegistreer

Argief (Oktober 2019)

Donderdag, 31 Oktober 2019

2 Korintiërs 9:11Sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.

Woensdag, 30 Oktober 2019

As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Dinsdag, 29 Oktober 2019

Deur die Here word die gange van 'n man bevestig,
en Hy het 'n welbehae in sy weg.

Maandag, 28 Oktober 2019

Johannes 14:18Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Sondag, 27 Oktober 2019

Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Saterdag, 26 Oktober 2019

Psalm 16:11U sal my die pad van die lewe bekend maak;
versadiging van vreugde is voor u aangesig,
lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Vrydag, 25 Oktober 2019

En vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

Donderdag, 24 Oktober 2019

Mag die Here onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie.

Woensdag, 23 Oktober 2019

Psalm 118:6Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie:
wat kan 'n mens my doen?

Dinsdag, 22 Oktober 2019

Matteus 5:10Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Maandag, 21 Oktober 2019

2 Tessalonisense 3:16En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!

Sondag, 20 Oktober 2019

Spreuke 14:5'n Betroubare getuie lieg nie,
maar 'n valse getuie strooi leuens uit.

Saterdag, 19 Oktober 2019

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Vrydag, 18 Oktober 2019

Die gras verdor, die blom verwelk;
maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.

Donderdag, 17 Oktober 2019

'n Vrolike hart bevorder die genesing,
maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Woensdag, 16 Oktober 2019

En die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Dinsdag, 15 Oktober 2019

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

Maandag, 14 Oktober 2019

Ook het U my die skild van u uitredding gegee,
en u regterhand het my ondersteun,
en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my,
en my enkels het nie gewankel nie.

Sondag, 13 Oktober 2019

En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.

Saterdag, 12 Oktober 2019

1 Korintiërs 2:9Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

Vrydag, 11 Oktober 2019

En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied; en 'n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie.

Donderdag, 10 Oktober 2019

Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here.

Woensdag, 09 Oktober 2019

1 Korintiërs 10:13Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Dinsdag, 08 Oktober 2019

Liewer 'n bietjie met geregtigheid,
as 'n menigte van inkomste met onreg.

Maandag, 07 Oktober 2019

Filippense 2:5Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Sondag, 06 Oktober 2019

Romeine 8:38-39Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Saterdag, 05 Oktober 2019

Psalm 27:14Wag op die Here!
Wees sterk en laat jou hart sterk wees!
Ja, wag op die Here!

Vrydag, 04 Oktober 2019

En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Donderdag, 03 Oktober 2019

2 Korintiërs 12:10Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Woensdag, 02 Oktober 2019

En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!

Dinsdag, 01 Oktober 2019

Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

Bybelvers van die dag

NIE aan ons, o Here, nie aan ons nie,
maar aan u Naam gee eer,
om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

Ontvang die Daaglikse Bybelvers:

Daaglikse kennisgewingE-posFacebookAndroid-appOp u webwerf

Willekeurig Bybelvers

Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.
Volgende vers!Met beeld

Ondersteun DailyVerses.net

Help my om die Woord van God te versprei:
Skenk